Vivienne Gunning
17 Feb
17Feb

Hallo, maats, want dié wat my volg, word vriende. 

Dit was ‘n wilde “avontuur” wat ek die afgelope twee weke beleef het. Onseker en opgewonde het ek begin in Kaapstad, toe na Johannesburg, deur Istanbul na die lewendige strate van Catania, om daarna stadig om Mount Etna te “kruip” met die Circumetnea. 

Riposte Giarre was die keer punt. Ek het op ‘n vinnige trein geklim, wat my geneem het na kusdorpe soos Messina, Taormina, en Cefalú. Dit was ontstuimig en opwindend, maar dit was nodig dat my rigting verander en ek het meer binnelands toe begin skuif om die klein dorpies ontdek wat ek net op kaarte sien. Dié dorpies, wat nes in die ongelooflike berge van die Madonie. Dorpies, wat selfs Google net  “flat” generiese inligting oor kan verskaf. 

Sommige mense mag dalk hier die gerief van AVIS of soortgelyk verkies. Nie ek nie! Ek ry bus of trein. Ek wil die vryheid hê om sinnelose handgebaar-gesprekke te hê, met myself oor ‘n koffie of wyn te kuier, sonder om oor parkeerplekke of vulstasies bekommerd te wees. (En hulle ry aan die verkeerde kant van die pad en die stuurwiel is ok "verkeerd"! Ek sal daardie een nog moet inoefen).

My nuwe avontuur begin toe my publieke bus die mooi Cefalú verlaat het. ‘n Rit wat vir meer as ‘n uur en half, verby ‘n asemrowende kuslyn gegly het, net om stadig op te kronkel tot by Castelbuono. Hoogte: 423 m. Gretig het my kamara heeltyd geflits soos ek probeer om die Heidie-wêreld vas te vang. 

My twee nagte hier het nou 3 geword. Ek is oorweldig deur die gasvryheid van Baglio Bonomo en vanaand ,die laaste aand by Giovanni en Eremo di Liccia (www.eremodiliccia.com). Geskiedenis het dit dat Liccia ‘n plek was, waar religieuse mans bymekaar geleef het om die versoekings van die wêreld te ontsnap (Of dalk net te vermy?) Goed vir hulle, wonder wat is dit vandag? Kan die dik klip mure stories vertel? Sal vanaand luister. 

Môre sal ek en my reis metgesel, (my betroubare 7-kilo-plus-rugsak)om 20h00, so klein bietjie versigtig, op die enigste bus na Gangi (my volgende bestemming) klim! Ek weet nie wat op my wag nie. Ek sal eers na 21h00 daar arriveer, vroeg vir die Sisiliërs. Gangi, 1011m hoog, is ingeëts teen die hange van Monte Marone. Praat van lewe op die rand? Die dorpie is amptelik gekroon as een van Italië se mooiste bergdorpe. Dit lyk blykbaar soos iets uit 'n sprokie, met sy Middeleeuse huise wat nóg steeds teen hange klou, omlyn deur die sagte Madonie-berge. Wie weet? Ek kan dalk my eie klein stukkie Sisiliëse paradys hier ontdek. 

Laat ek julle ‘n geheim vertel-die werklike essensie van Sisilië vir my lê. Dit is in sy verskuilde plekkies wat sluimerend “borrel” van geskiedenis en ‘n eeu-oue sjarme. Ek is op ‘n missie, om hierdie plekkies wat nie ‘n klokkie lui nie, maar dalk tog ‘n  oomblik van roem op die silwerskerm gehad het, bv. "The Godfather" en ander, te ontdek.  Van 14h00 tot ongeveer 20h00 "siesta" die dorpies. Ongelooflik! Alles is dan toe! Gelukkig het ek die luuksheid van tyd. Tyd en ruimte is twee artikels wat geld nie kan koop nie. Dis dan die tyd wat ek en my skadu, stil-stil deur die strate stap en luister na wat die klipstraatjies probeer fluister van die verlede. Hierdie dorpies is lewendige geskiedenis. Hier leef mense geskiedenis! En dié mense wat hierdie dorpies hul huise noem? Hulle is die hart en siel van Sisilië, vriendelike ou, gekreukelde gesigte, emosionele gesprekke, vol lewenslus. wat ‘n naiewe vriendelikheid het. Bonjourno! Ek het opgemerk dat hier baie, baie ouer mense is. Blykbaar is hier nou Sisilië 2133 lang-lewendes (Mense wat ouer as 100 jaar is). Van hierdie is 377 mans en 1754 vroue. 2024 https://zhujiworld.com/it/1389494-sicilia/Mmmm, daar moet 'n geheim wees. Ek is 'n vrou en wil weet! 

Ek gaan nie baie praat oor Castelbuono. Fotos vertel stories.

Reis met my, ek wys die regte lewe, nie net toeriste bestemmings nie - ek deel “real-time” avonture, wys jou hoe ek as 'n enkele-sestig-plus vrou met 'n knap “boere”- begroting die wêreld met moed en 'n bietjie “common sense:”  navigeer. Oor die jare het ek tt die slotsom gekom – dieselfde basiese beginsels werk oral. Dus, of ons die wildernis van Afrika verken, die bedrywige stegies van Indië, die gesofistikeerde Europa, of die onbekende dele van Sisilië, kom saam met my!

https://www-hitsicily-com.translate.goog/it/castelbuono-palermo-parco-naturale-madonie-affitto-case-ville-campagna-vacanza/?_x_tr_sl=it&_x_tr_tl=en&_x_tr_hl=en&_x_tr_pto=sc

Comments
* The email will not be published on the website.